Reviews

Dit was rustig, pragtig en so goed vir die siel!

"Netjiese, ruim huisie omring met natuur en rus vir die siel."
Jeanne van Zyl April 2016

Rustige familie-vakansie naweek in pragtige natuurskoon.

"Kamers, badkamers en kuier area was netjies en skoon. Oorgenoeg warm water. Genoeg grasperk vir kinders om te speel en voldoende kuier plek vir die volwassenes. Die dam met sy eende met die bokke, beeste, volstruise en skape het weer ons batterye gelaai. "
Gideon Joubert April 2016.

Pragtige omgewing en die geriewe is uitstekend.

"Die netheid en spesiale afronding is voorwaar uitnemend. Van die vars blomme op die bedkassies tot die huidige maand se tydskrifte op die koffietafel. Dit was 'n heerlike naweek."
Philip Janse van Rensburg March 2016.

Romanties en privaat.

"Dit was 'n heerlike wegbreek, stil met die natuurskoon en baie privaat. 'n Netjiese skoon huisie. "
Lyndi B Februarie 2016

Wonderlike rustigheid.

"Ons het die rustige plaasatmosfeer baie geniet. Sal beslis were terug gaan. "
Vic V Januarie 2016.

Rustig en stil.

"Die perfekte plek om by uit te rus en lekker saam met vriende te kuier!"

Baie netjies, rustig met ‘n mooi uitsig.

"Heerlike stoep met ingeboude braai waar mens lekker kan sit en kuier en ontspan."
Melanie N Desember 2015

Wat ’n goeie ondervinding.

"Ons het in die dam huis en stal gebly. Outpost was baie skoon en netjies op aankoms. Ons het vroeer ingeboek en die plek was reeds gereed vir ons. Ons het glad nie in aanraking met die eienaars of werknemers gekom nie, maar die plek vanself het ons baie welkom laat voel. Daar was oor as genoeg slaapplek en komberse beskikbaar vir ’n koue nag in Dullstroom. Hout was vir ons uitgesit om die kagel te gebruik. Die hoof slaapkamers het ’n elektriese kombers opgehad. Op aankoms het die ander kamers elk ’n warmwater sak op die bed gehad om te help om die koue te trotseer. Dit was ’n aangename verblyf en ek sal enige 1 aanbeveel om hul te besoek. Dis ’n lekker ontsnapping van realiteit.

Bespreek vandag jou akkommodasie by Outpost en ontsnap vir ’n naweek of week weg van realitiet. Geniet die plaaslewe vir ’n oomblik met niemand wat jou steur."

Marietha L Mei 2016.